Ou Ierse seëngebed

Mag jou pad gelyk en reguit loop, ‘n bries teen jou rug, jou hart vol hoop. Mag die son jou siel verbly, die reën sag sif oor jou land. En, tot ons weer ontmoet, hou God jou in Sy hand.

Afrikaanse verwerking: Marie de Kock

Stadige dood

‘n Mens wat ‘n slaaf van gewoonte geword het, wat elke dag dieselfde pad stap, nooit die pas versnel of iets nuuts waag nie, nie ‘n eie mening het of dinge ten volle ervaar nie … hy sterf ‘n stadige dood.

Hy wat geesdrif vermy, alles swart op wit wil hê, gevoelens wat die oë […]

Gebed van ‘n seeman

deur Francis Drake

Keer ons, Heer as ons te ingenome raak met onsself; as ons drome waar word, omdat ons te gewoon droom; as ons aankom, omdat ons te ná aan die land, té veilig gevaar het.

Keer ons, Heer as die baie wat ons besit, ons dors na lewenswater les; as ons, in liefde […]

Vlug en aankoms

Dit is genoeg om te gelewe het, een maal, een maal in eenmaligheid van chromosome wel te bestaan het van kroon tot toon. Genoeg om te gelewe het, vol ontsluit, ook net een maal, genoeg om dalk vreedsaam in ‘n stille bemoeiing met eenmaligheid van doodgaan dalk te kan dink: ek was eenmaal

eenmaal was […]

Gebed – Koos du Plessis

Laat my nooit die grond verlaat nie. Laat my in U skadu bly. Gee dat elke aardse vreugde en vrees eindelik nietig word vir my.

Elke afdraai paadjie ken ek. Elke keer het ek verdwaal. Elke keer het U my iewers kom haal. Maak dit Heer, die laaste maal.

Elke dag is ‘n gedagte. Elke […]