Kruiskerk » Gebede

Gebed van ‘n seeman
deur Francis Drake

Keer ons, Heer

as ons te ingenome raak met onsself;

as ons drome waar word, omdat ons te gewoon droom;

as ons aankom, omdat ons te ná aan die land, té veilig

gevaar het.

Keer ons, Heer

as die baie wat ons besit, ons dors na lewenswater les;

as ons, in liefde vir die hede, die ewige vergeet;

as ons, in ‘n poging om ‘n nuwe aarde te skep, die

visie van ‘n hemel laat verdof.

Help ons, Heer

om groter te durf droom, om wyer seë te verken,

om ons sig van land te verloor, sodat ons die sterre kan

sien.

Verskuif ons horison, verhoog ons hoop en stuur ons met moed en mededoë U toekoms in.

In die naam van Jesus Christus.

Amen.

Vrye vertaling: Marie de Kock

The post Gebed van ‘n seeman appeared first on Kruiskerk.

Gebed – Koos du Plessis
Laat my nooit die grond verlaat nie.

Laat my in U skadu bly.

Gee dat elke aardse vreugde en vrees

eindelik nietig word vir my.

Elke afdraai paadjie ken ek.

Elke keer het ek verdwaal.

Elke keer het U my iewers kom haal.

Maak dit Heer, die laaste maal.

Elke dag is ‘n gedagte.

Elke kamer net gehuur.

Elke aardse droom van rykdom en roem,

net ‘n skadu teen die muur.

Wat ek is, is net genade.

Wat ek het, is net geleen.

Eintlik smag ek na U waters van rus.

Lei my, Heer, vanaand daarheen.

Koos du Plessis

The post Gebed – Koos du Plessis appeared first on Kruiskerk.

Seën ons land
Seën ons pragtige land, o Here God,

met sy wonderlike verskeidenheid van mense

uit verskillende rasse, tale en kulture.

Maak ons u reënboognasie

van vreugde en hoop,

van geregtigheid en versoening,

van vrede en eenheid,

van medelye, deernis en vergifnis.

Ons bid hierdie gebed vir ware eenheid

in die kragtige Naam van Jesus, ons Here.

Gebed van emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu by die inhuldiging van oud-president Nelson Mandela in 1994

Naude, P., 2008. Die groot gebedeboek. Lux Verbi.

The post Seën ons land appeared first on Kruiskerk.

Gebed vir dié in die wêreld
Sheila Cussons

Dat ons leef omdat U leef is die eerste

van alles wat wonderlik is.

’n Wisselvloei is daar tussen U en ons.

U vloei in ons in en ons in U, en in U word

ons arme vog gesuiwer en vernuwe,

en ons self keer uit U terug in ons in

deur die membraan wat tyd en wêreld is.

Membraan of illusie, so dun is dit, so nie,

so nêrens vir u begenadigdes —

dankie dat ons wat onsself versteek vir ons naastes

gans oop is vir U en U oop.

Dankie vir die gladder as asemhaling heen en weer

tussen U en ons; dat tyd en ewigheid

mekaar deurdring, nie twee is nie maar een.

Dankie God, vir dié wonder, waarin die harde seer

wat wêreld is, sagter as asem oplos en verdwyn.

Cussons, S., 1984. Membraan. Kaapstad: Tafelberg.

The post Gebed vir dié in die wêreld appeared first on Kruiskerk.

Seëngebed
Gaan in vrede.

Wees vol moed, behou die goeie

en vergeld nie kwaad met kwaad nie.

Ondersteun die wankelmoedige, skraag die swakkere

en vertroos die bedroefde. Wees lankmoedig met almal

en bestry verdrukking.

Eer en dien die Here

en verbly julle in die krag van die Heilige Gees.

Die seën van God die Almagtige, die Vader, die Seun

en die Heilige Gees, is en bly met julle.

Afrikaanse verwerking: Marie de Kock

The post Seëngebed appeared first on Kruiskerk.