Kruiskerk » Musiek

Gebed om die Gebeente – vers 2
Christo Steyn

Ons het ons vandag by die kerk verwonder oor die sameloop van dinge: dat die gesprek van die afgelope twee weke juis op Moedersdag sou uitloop op die (besondere) lees van DJ Opperman se Gebed om die Gebeente. Wel, die storie eindig nie daar nie.

Vanaand sit ons en musiek luister toe Elsa een van ons groot gunstelinge, Henryk Górecki se Derde Simfonie, uithaal. Soos gewoonlik, lees sy die notas wat daarmee saamgaan. Mens kan dit nie help nie: David Drew se storie oor die musiek, en veral die uitvoering daarvan op ‘n aand in 1989 in Brunswick, is elke keer opnuut aangrypend. Ten spyte van die baie keer in die verlede se lees, kon ek egter my oë nie glo toe sy die woorde van die derde beweging vir my aangee nie.

Where has he gone

My dearest son?

Perhaps during the uprising

The cruel enemy killed him

Ah, you bad people

In the name of God, the most Holy,

Tell me, why did you kill

My son?

Never again

Will I have his support

Even if I cry

My old eyes out

Were my bitter tears

to create another River Oder

They would not restore to life

My son

He lies in his grave

and I know not where

Though I keep asking people

Everywhere

Perhaps the poor child

Lies in a rough ditch

and instead he could have been

lying in his warm bed

Oh, sing for him

God’s little song-birds

Since his mother

Cannot find him

And you, God’s little flowers

May you blossom all around

So that my son

May sleep happily

(Words Accompanying Górecki’s Symphony No. 3 (Third Movement))

Indien jy nie die musiek ken nie en wonder of dit die moeite werd is om aan te skaf, ongetwyfeld. Ek weet net van die een opname, maar selfs al is daar nog, kan ek nie dink dat enigiets ooit daarop sou kon verbeter nie. Die CD se nommer is 7559-79282-2 en dit word op die Elektra Nonesuch etiket uitgegee. Die London Sinfonietta onder leiding van David Zinman is uitstekend, maar dis Dawn Upshaw se stem wat jy nie weer gaan vergeet nie. (As ek nog voorskriftelik kan wees ook: luister die eerste keer daarna met volle aandag, in stilte, sonder onderbreking, en hard genoeg.)

The post Gebed om die Gebeente – vers 2 appeared first on Kruiskerk.