Gebed om die Gebeente – vers 2

Christo Steyn

Ons het ons vandag by die kerk verwonder oor die sameloop van dinge: dat die gesprek van die afgelope twee weke juis op Moedersdag sou uitloop op die (besondere) lees van DJ Opperman se Gebed om die Gebeente. Wel, die storie eindig nie daar nie.

Vanaand sit ons en musiek luister toe Elsa een van ons groot gunstelinge, Henryk Górecki se Derde Simfonie, uithaal. Soos gewoonlik, lees sy die notas wat daarmee saamgaan. Mens kan dit nie help nie: David Drew se storie oor die musiek, en veral die uitvoering daarvan op ‘n aand in 1989 in Brunswick, is elke keer opnuut aangrypend. Ten spyte van die baie keer in die verlede se lees, kon ek egter my oë nie glo toe sy die woorde van die derde beweging vir my aangee nie.

Where has he gone
My dearest son?
Perhaps during the uprising
The cruel enemy killed him

Ah, you bad people
In the name of God, the most Holy,
Tell me, why did you kill
My son?

Never again
Will I have his support
Even if I cry
My old eyes out
Were my bitter tears
to create another River Oder
They would not restore to life
My son

He lies in his grave
and I know not where
Though I keep asking people
Everywhere

Perhaps the poor child
Lies in a rough ditch
and instead he could have been
lying in his warm bed

Oh, sing for him
God’s little song-birds
Since his mother
Cannot find him

And you, God’s little flowers
May you blossom all around
So that my son
May sleep happily

(Words Accompanying Górecki’s Symphony No. 3 (Third Movement))

Indien jy nie die musiek ken nie en wonder of dit die moeite werd is om aan te skaf, ongetwyfeld. Ek weet net van die een opname, maar selfs al is daar nog, kan ek nie dink dat enigiets ooit daarop sou kon verbeter nie. Die CD se nommer is 7559-79282-2 en dit word op die Elektra Nonesuch etiket uitgegee. Die London Sinfonietta onder leiding van David Zinman is uitstekend, maar dis Dawn Upshaw se stem wat jy nie weer gaan vergeet nie. (As ek nog voorskriftelik kan wees ook: luister die eerste keer daarna met volle aandag, in stilte, sonder onderbreking, en hard genoeg.)