http://www.shoes-ss.com/

Kruiskerk http://kruiskerk.co.za gespreksgemeente verby grense Wed, 15 Aug 2018 08:07:08 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=4.1.24 Stadige dood http://kruiskerk.co.za/index.php/stadige-dood/ http://kruiskerk.co.za/index.php/stadige-dood/#comments Tue, 24 Apr 2018 19:45:09 +0000 http://kruiskerk.co.za/?p=2200 ‘n Mens wat ‘n slaaf van gewoonte geword het, wat elke dag dieselfde pad stap, nooit die pas versnel of iets nuuts waag nie, nie ‘n eie mening het of dinge ten volle ervaar nie … hy sterf ‘n stadige dood.

Hy wat geesdrif vermy, alles swart op wit wil hê, gevoelens wat die oë [...]

The post Stadige dood appeared first on Kruiskerk.

]]>
‘n Mens wat ‘n slaaf van gewoonte geword het,
wat elke dag dieselfde pad stap,
nooit die pas versnel of iets nuuts waag nie,
nie ‘n eie mening het of dinge ten volle ervaar nie …
hy sterf ‘n stadige dood.

Hy wat geesdrif vermy, alles swart op wit wil hê,
gevoelens wat die oë laat glinster en die hart laat bons, versmaai, nie kan lag oor menslike foute nie …
hy sterf stadig.

Hy … of sy …
wat nie van ’n probleem ‘n uitdaging kan maak nie,
halfpad tou opgooi, nie vrae vra om meer te weet nie,
nooit die sekerheid vir die onsekere verruil om ‘n droom te volg nie …
hy sterf stadig.

Hy wat nie reis nie, nie lees nie, nie luister nie,
wie se arbeid nie sy hart verbly nie,
wat nie vrede het of goedheid in homself vind nie …
hy sterf stadig.

Hy wat sy eie vertroue vernietig, nie hulp kan aanvaar nie,
oor alles pieker en kla, die reën wat nie ophou of die son wat nie skyn nie …
hy sterf stadig.

Om waarlik te leef, is veel meer as asemhaal …
dis om vurig en hartstogtelik mens te wees.

Pablo Neruda: Die Slowly – Selected Poems

Afrikaanse verwerking: Marie de Kock

The post Stadige dood appeared first on Kruiskerk.

]]>
http://kruiskerk.co.za/index.php/stadige-dood/feed/ 0
Gebed van ‘n seeman http://kruiskerk.co.za/index.php/gebed-van-n-seeman/ http://kruiskerk.co.za/index.php/gebed-van-n-seeman/#comments Wed, 12 Apr 2017 07:17:14 +0000 http://kruiskerk.co.za/?p=2113 deur Francis Drake

Keer ons, Heer as ons te ingenome raak met onsself; as ons drome waar word, omdat ons te gewoon droom; as ons aankom, omdat ons te ná aan die land, té veilig gevaar het.

Keer ons, Heer as die baie wat ons besit, ons dors na lewenswater les; as ons, in liefde [...]

The post Gebed van ‘n seeman appeared first on Kruiskerk.

]]>
deur Francis Drake

Keer ons, Heer
as ons te ingenome raak met onsself;
as ons drome waar word, omdat ons te gewoon droom;
as ons aankom, omdat ons te ná aan die land, té veilig
gevaar het.

Keer ons, Heer
as die baie wat ons besit, ons dors na lewenswater les;
as ons, in liefde vir die hede, die ewige vergeet;
as ons, in ‘n poging om ‘n nuwe aarde te skep, die
visie van ‘n hemel laat verdof.

Help ons, Heer
om groter te durf droom, om wyer seë te verken,
om ons sig van land te verloor, sodat ons die sterre kan
sien.

Verskuif ons horison, verhoog ons hoop en stuur ons met moed en mededoë U toekoms in.

In die naam van Jesus Christus.
Amen.

Vrye vertaling: Marie de Kock

The post Gebed van ‘n seeman appeared first on Kruiskerk.

]]>
http://kruiskerk.co.za/index.php/gebed-van-n-seeman/feed/ 0
Vlug en aankoms http://kruiskerk.co.za/index.php/vlug-en-aankoms-wilma-stockenstrom/ http://kruiskerk.co.za/index.php/vlug-en-aankoms-wilma-stockenstrom/#comments Mon, 23 Jan 2017 12:01:34 +0000 http://kruiskerk.co.za/?p=2088 Dit is genoeg om te gelewe het, een maal, een maal in eenmaligheid van chromosome wel te bestaan het van kroon tot toon. Genoeg om te gelewe het, vol ontsluit, ook net een maal, genoeg om dalk vreedsaam in ‘n stille bemoeiing met eenmaligheid van doodgaan dalk te kan dink: ek was eenmaal

eenmaal was [...]

The post Vlug en aankoms appeared first on Kruiskerk.

]]>
Dit is genoeg om te gelewe het, een maal,
een maal in eenmaligheid van chromosome
wel te bestaan het van kroon tot toon.
Genoeg om te gelewe het, vol ontsluit,
ook net een maal, genoeg om dalk
vreedsaam in ‘n stille bemoeiing
met eenmaligheid van doodgaan
dalk te kan dink: ek was eenmaal

eenmaal was ek ‘n mens.

Wilma Stockenström

The post Vlug en aankoms appeared first on Kruiskerk.

]]>
http://kruiskerk.co.za/index.php/vlug-en-aankoms-wilma-stockenstrom/feed/ 0
Gebed – Koos du Plessis http://kruiskerk.co.za/index.php/gebed-koos-doep/ http://kruiskerk.co.za/index.php/gebed-koos-doep/#comments Sun, 18 Jan 2015 12:59:14 +0000 http://kruiskerk.co.za/?p=1905 Laat my nooit die grond verlaat nie. Laat my in U skadu bly. Gee dat elke aardse vreugde en vrees eindelik nietig word vir my.

Elke afdraai paadjie ken ek. Elke keer het ek verdwaal. Elke keer het U my iewers kom haal. Maak dit Heer, die laaste maal.

Elke dag is ‘n gedagte. Elke [...]

The post Gebed – Koos du Plessis appeared first on Kruiskerk.

]]>
Laat my nooit die grond verlaat nie.
Laat my in U skadu bly.
Gee dat elke aardse vreugde en vrees
eindelik nietig word vir my.

Elke afdraai paadjie ken ek.
Elke keer het ek verdwaal.
Elke keer het U my iewers kom haal.
Maak dit Heer, die laaste maal.

Elke dag is ‘n gedagte.
Elke kamer net gehuur.
Elke aardse droom van rykdom en roem,
net ‘n skadu teen die muur.

Wat ek is, is net genade.
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus.
Lei my, Heer, vanaand daarheen.

Koos du Plessis

The post Gebed – Koos du Plessis appeared first on Kruiskerk.

]]>
http://kruiskerk.co.za/index.php/gebed-koos-doep/feed/ 0
Seën ons land http://kruiskerk.co.za/index.php/seen-ons-land/ http://kruiskerk.co.za/index.php/seen-ons-land/#comments Mon, 24 Feb 2014 07:01:38 +0000 http://kruiskerk.co.za/?p=1765 Seën ons pragtige land, o Here God, met sy wonderlike verskeidenheid van mense uit verskillende rasse, tale en kulture. Maak ons u reënboognasie van vreugde en hoop, van geregtigheid en versoening, van vrede en eenheid, van medelye, deernis en vergifnis. Ons bid hierdie gebed vir ware eenheid in die kragtige Naam van Jesus, ons Here.

[...]

The post Seën ons land appeared first on Kruiskerk.

]]>
Seën ons pragtige land, o Here God,
met sy wonderlike verskeidenheid van mense
uit verskillende rasse, tale en kulture.
Maak ons u reënboognasie
van vreugde en hoop,
van geregtigheid en versoening,
van vrede en eenheid,
van medelye, deernis en vergifnis.
Ons bid hierdie gebed vir ware eenheid
in die kragtige Naam van Jesus, ons Here.

Gebed van emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu by die inhuldiging van oud-president Nelson Mandela in 1994

Naude, P., 2008. Die groot gebedeboek. Lux Verbi.

The post Seën ons land appeared first on Kruiskerk.

]]>
http://kruiskerk.co.za/index.php/seen-ons-land/feed/ 0
Ionic Smart Watches will be the replica watches first device in the Fitbit product that can display CGM data. The important thing is that this partnership does not affect the replica watches uk Ionic watch itself CGM tracking function, on the contrary, Dexcom company's data will be displayed with the watch itself data collection. It is swiss replica watches worth noting that the CGM function in the factory settings of Fitbit Ionic itself is not available and must be provided to rolex replica the user at a later update. And both companies will be released as early as 2018 as soon as possible.
PHP Warning: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at F:\Domains\kruiskerk.co.za\wwwroot\index.php:1) in F:\Domains\kruiskerk.co.za\wwwroot\wordpress\wp-includes\feed-rss2.php on line 8