Kruiskerk » Nadenke

Oor die woord ‘God’
Martin Buber (1878-1965), Oostenryks-gebore Joodse filosoof, oor die woord ‘God’:

“’Yes,’ I said, “[the word ‘God’] is the most heavy-laden of all human words. None has become so soiled, so mutilated. Just for this reason I may not abandon it. The generations have laid the burden of their anxious lives upon this word and weighed it to the ground; it lies in the dust and bears their whole burden. Human beings with their religious factions have torn the word to pieces; they have killed for it and died for it, and it bears their finger marks and their blood. Where might I find a word like it to describe the highest! If I took the purest, most sparkling concept from the inner treasure-chamber of the philosophers, I could only capture thereby an unbinding product of thought. I could not capture the presence of the One whom the generations have honoured and degraded with their awesome living and dying. I do indeed mean God whom the hell-tormented and heaven-storming generations mean. Certainly, they draw caricatures and write ‘God’ underneath; they murder one another and say “in God’s name.” But when all madness and delusion fall to dust, when they stand over against Him in the loneliest darkness and no longer say, “He, He,” but rather sigh “Thou,” shout “Thou,” all of them the one word, and when they then add “God,” is it not the real God whom they all implore, the One Living God, the God of the human race? Is it not He who hears them? And just for this reason, is not the word ‘God’, the word of appeal, the word which has become a name, consecrated in all human tongues for all times? We must esteem those who interdict it because they rebel against the injustice and wrong which is so readily referred to ‘God’ for authorisation. But we may not give up. How understandable it is that some suggest we should remain silent about “the last things” for a time in order that the misused words may be redeemed! But they are not to be redeemed thus. We cannot cleanse the word ‘God’ and we cannot make it whole; but, defiled and mutilated as it is, we can raise it from the ground and set it over an hour of great care.”

Buber, M (1979). Eclipse of God: Studies in the relation between religion and philosophy. Edition. England: Harvester Press. p7-9.

The post Oor die woord ‘God’ appeared first on Kruiskerk.

C. S. Lewis: Ware vriende kom van God
Vir `n Christen is vriendskap nie iets wat jou toevallig oorkom nie, skryf C.S. Lewis in sy boek Die Vier Liefdes. Christus kan regtig vir elke groep vriende sê: “Ek het julle vir mekaar uitgesoek.”

Die gedagtes wat Lewis in sy essay oor vriendskap verwoord, gaan terug na `n eeue-oue tradisie wat met Augustinus begin het. In `n wêreld waarin die klassieke filosowe alles oor die waarde en rol van vriendskap te sê gehad het, voeg Augustinus `n fundamenteel nuwe en Christelike element by. Net God maak mense vriende van mekaar. Mense kies nie hulle vriende nie; dit is `n geskenk van God en verteenwoordig die daadwerklike genade van God op aarde.

Dié gedagtes neem Lewis oor in sy essay “Vriendskap” in die bundel The Four Loves. Hier volg `n paar aanhalings uit die essay.

Vriend of kameraad

Kameraadskap is `n voedingsbron vir vriendskap. Dit word dikwels vriendskap genoem en baie mense wat van hul vriende praat, bedoel eintlik hul kamerade. Vriendskap in die sin wat ek daaraan gee, is dit nie.

Daarmee wil ek nie afbreuk doen aan die waarde van `n kameraadskaplike verhouding nie. Ons sê tog nie iets slegs van silwer as ons dit van goud onderskei nie.

Kameraadskap kan tot vriendskap groei wanneer twee of meer mense ontdek dat hulle `n bepaalde insig of belangstelling of selfs maar smaak in gemeen het wat ander nie het nie en wat hulle tot daardie oomblik gedink het hulle net met hulleself saamdra.

Dieselfde waarheid sien

In ons tyd is die gemeenskaplike aktiwiteit en dus kameraadskap nie dikwels so fisies soos gaan jag of gaan veg nie. Dit kan `n gemeenskaplike godsdiens, `n studie, `n beroep of selfs `n vryetydsbesteding wees.  Almal met wie ons iets deel, is ons kamerade, maar een of twee of drie van hulle wat ook nog iets anders met ons deel, word ons vriende.

By hierdie soort liefde, kry “Hou jy van my?” die betekenis van “Sien jy dieselfde waarheid?” soos Emerson dit stel. Of ten minste: “Heg jy dieselfde waarde aan daardie waarheid?” Die mense wat soos ons voel oor die belangrikheid van `n bepaalde saak waaraan ander skaars dink, kan ons vriende word. En dit is nie eens nodig dat ons met mekaar saamstem oor die antwoord nie.

Vriende maak

Dit is onwaarskynlik dat bejammerenswaardige mense wat net “vriende wil maak”, hulle ooit sal maak. Dat jy vriende het, beteken ook dat jy behalwe die vriende, iets anders wil hê. As `n eerlike antwoord op die vraag: “Sien jy dieselfde waarheid?”, “Ek sien niks nie en dit kan my ook nie skeel nie, want ek wil net vriende maak”, is, dan is vriendskap onmoontlik. Waarheen moet die vriendskap dan lei? `n Vriendskap moet oor iets gaan, al is dit dan nou maar `n gemeenskaplike passie vir kaart speel of wit muise teel. Iemand wat niks het nie, kan nie deel nie en hy wat nie reis nie, kan nie reisgenote hê nie.

Vriendskap en liefde

As twee mense wat so ontdek het dat hulle hul op dieselfde pad bevind, van die teenoorgestelde geslag is, kan die vriendskap wat so ontstaan, maklik oorgaan in erotiese liefde. Sterker gestel, tensy hulle mekaar fisies lelik vind of een van hulle reeds iemand anders lief het, sal dit vroeër of later gebeur. En omgekeerd, erotiese liefde kan lei tot vriendskap tussen die geliefdes. Dit wis egter nie die onderskeid tussen die twee soorte liefde uit nie; in teendeel, dit word net duideliker.

Stel jou voor dat jy so gelukkig was dat jy verlief geraak het op `n vriend en met hom getroud is.  Stel jou verder voor jy word voor die keuse geplaas: “Of julle hou van nou af op om minnaars te wees, maar julle bly vir altyd saam om dieselfde God te soek en dieselfde skoonheid te geniet of jy verloor alles, maar behou die verrukking en wonder van die erotiese liefde?”

Wat sou ons kies? En oor watter keuse sou ons die meeste berou hê?

Voorsienigheid

Ons dink dat ons ons geesverwante self gekies het. In werklikheid sou alles en nog wat ons vriendskap kon verhinder het: `n paar jaar verskil tussen ons geboortedatums, `n paar kilometer tussen bepaalde huise, die keuse van een universiteit bo `n ander, die toevallige feit dat in `n geselskap `n bepaalde saak genoem is.

Vir `n Christen is daar, sterk gestel, geen toevallighede nie. Christus wat aan sy dissipels gesê het: “Julle het my nie gekies nie, ek het julle gekies”, kan aan elke groep vriende sê: “Julle het nie mekaar gekies nie, ek het julle vir mekaar uitgesoek.”

Vriendskap is nie die beloning van ons skerpsinnigheid en goeie smaak in die vind van mekaar nie. Dit is die manier waarop God aan elkeen die skoonheid van die ander wys; deur vriendskap open God ons oë. Soos elke ander skoonheid, is dit van God afkomstig. In goeie vriendskap groei die skoonheid deur die vriendskap self. In Sy hand is dit dus`n instrument wat  openbaar en skep.

Bron: C. S. Lewis: ”The Four Loves”

Afrikaanse verwerking: Marie de Kock

The post C. S. Lewis: Ware vriende kom van God appeared first on Kruiskerk.

Gebed om die Gebeente – vers 2
Christo Steyn

Ons het ons vandag by die kerk verwonder oor die sameloop van dinge: dat die gesprek van die afgelope twee weke juis op Moedersdag sou uitloop op die (besondere) lees van DJ Opperman se Gebed om die Gebeente. Wel, die storie eindig nie daar nie.

Vanaand sit ons en musiek luister toe Elsa een van ons groot gunstelinge, Henryk Górecki se Derde Simfonie, uithaal. Soos gewoonlik, lees sy die notas wat daarmee saamgaan. Mens kan dit nie help nie: David Drew se storie oor die musiek, en veral die uitvoering daarvan op ‘n aand in 1989 in Brunswick, is elke keer opnuut aangrypend. Ten spyte van die baie keer in die verlede se lees, kon ek egter my oë nie glo toe sy die woorde van die derde beweging vir my aangee nie.

Where has he gone

My dearest son?

Perhaps during the uprising

The cruel enemy killed him

Ah, you bad people

In the name of God, the most Holy,

Tell me, why did you kill

My son?

Never again

Will I have his support

Even if I cry

My old eyes out

Were my bitter tears

to create another River Oder

They would not restore to life

My son

He lies in his grave

and I know not where

Though I keep asking people

Everywhere

Perhaps the poor child

Lies in a rough ditch

and instead he could have been

lying in his warm bed

Oh, sing for him

God’s little song-birds

Since his mother

Cannot find him

And you, God’s little flowers

May you blossom all around

So that my son

May sleep happily

(Words Accompanying Górecki’s Symphony No. 3 (Third Movement))

Indien jy nie die musiek ken nie en wonder of dit die moeite werd is om aan te skaf, ongetwyfeld. Ek weet net van die een opname, maar selfs al is daar nog, kan ek nie dink dat enigiets ooit daarop sou kon verbeter nie. Die CD se nommer is 7559-79282-2 en dit word op die Elektra Nonesuch etiket uitgegee. Die London Sinfonietta onder leiding van David Zinman is uitstekend, maar dis Dawn Upshaw se stem wat jy nie weer gaan vergeet nie. (As ek nog voorskriftelik kan wees ook: luister die eerste keer daarna met volle aandag, in stilte, sonder onderbreking, en hard genoeg.)

The post Gebed om die Gebeente – vers 2 appeared first on Kruiskerk.

Klara Majola
Hannie de Vries

Gister het Wynand oor helde en anti-helde gepreek. Skielik wou almal saam praat en het iets te sê gehad oor geestelike-, oorlogs-, vrede- en kinderhelde. Klara Majola het ter sprake gekom en van ons ouer lidmate het sommer die gedig van Opperman begin voordra (al was dit net in die gedagte).

Wie was Klara Majola? Het sy werklik bestaan? Toevallig lees ek nou Dana Snyman se bundel kortverhale “Op die toneel”. Daarin vertel hy van sy ontdekkingsreis om uit te vind wie hierdie dogtertjie was en ek deel graag sy bevindings.

Naby Prince Alfred Hamlet is daar ‘n plaas met die naam “Die Eike”. Op hierdie vrugteplaas het, in die winter van 1950, ‘n agtjarige dogtertjie verkluim toe sy na haar blinde pa gaan soek het. Sy, haar ouers, vyf susters en ‘n broer was arbeiders op die plaas en hulle van was nie Majola nie, maar Jansen. Klara se regte naam was ook nie Klara nie, maar Violet. So vertel Klara se bejaarde ouer suster Nan aan Dana. In die omgewing waar byname gedy, was Klara se pa bekend as Majola. Klara Majola was dus byname. Makliker om te onthou, omdat almal Afrikaans gepraat het.

Nan was tien jaar oud toe die tragedie gebeur het. Hulle pa het vantevore blind geword en hy en sy gesin het nog aangebly op die plaas. Hy het gehelp met los werkies en het graag hout gaan soek vir vuurmaak. Hy het die plaas baie goed geken. Die betrokke koue wintersdag het hy weer gaan hout soek en lank weg gebly. Klara het na hom gaan soek en hulle het mekaar mis geloop. Haar pa het later tuis gekom. Dit het begin reën en sneeu en dit het baie koud geword.

Die volgende môre het hulle haar naby ‘n spruit gekry. Sy was reeds verkluim.

Sy is in die kerkhof op die plaas begrawe. Op die sementsteen staan: Klara Majola. Gebore: 14.6.1942. Gesterf: 26.7.1950.

Klara Majola wou haar vader

toe die skemer sak, gaan haal

waar hy, die blinde, hout vergader;

maar Klara Majola het verdwaal.

Klein Klara Majola lê verkluim

in die Bokkeveld se bros kapok,

haar arms en bene bruin

en kromgetrek soos wingerdstok.

Klara Majola, die koue geweld

sif stadiger oor my uit die ruim

maar nooit sal ek in die Bokkeveld

so warm, Klara Majola, soos jy verkluim.

D.J. Opperman

Onlangs lees ek van ‘n beeldhoudster wat graag ‘n beeld wil maak van Klara. Dit moet dan op die plaas of naaste dorp ten toon gestel word. Ek hoop die plan materialiseer. Dit sal ‘n pragtige manier wees om die verhaal te onthou.

The post Klara Majola appeared first on Kruiskerk.

Miswolk oor Tafelberg
Wynand Nel

(herinneringe aan 24 Februarie 2010)

Ná Hospitaaldraai kronkel die pad om Duiwelspiek en dan lê die stad met Tafelbaai-hawe vol in die gesig. `n Miswolk van Seinheuwel af het oor Groenpunt gesak. Die kinders merk dit eerste op – ek is ietwat in gedagte.

Hierdie verjaardag moet ‘liggies’ wees en liewer maar net doodstil kom en verbygaan. Dit sal die eerste keer wees dat ek nie `n oproep van my ma sal kry nie en dié wete maak `n broosheid in my wakker. Ek is seker as ek die dag goed in toom hou, sal ek dit kan beheer; daarom geen etes of afsprake met vriende nie.

Frances het voorgestel dat ons iets in die Waterfront moet gaan eet en dit voel na die regte ding vir dié jaar. Net ons drie. Seker sushi by Willoughby’s, nadat ek hulle `n uur of wat in die winkels laat snuffel het; meisies het mos altyd lanklaas iets nuuts aangetrek. Ek is ingedagte, want ek wonder waaroor ons gaan gesels. Ek moet dit darem op `n manier probeer lekker en vrolik hou; hulle dink reeds ek lewe soos `n kluisenaar.

Ons het later as wat beplan was, uit Stellenbosch vertrek. Boonop het Suzette James my vroeër die dag laat belowe dat ek eers by hulle in Higgovale sal aangaan om `n geskenkie te ontvang. Net voor ek gery het toe ek sien dat ons vasdraai, het ek haar gebel om te hoor of ek dit nie kon uitstel tot `n ander dag nie, maar vir haar is ‘nee’ mos nie `n antwoord nie.

Frances en Marguerite praat oor die mooi huise in die woonbuurt. Ek sien dat die miswolk nou oor Tafelberg gevorm het en met die opdraandes en die kort strate voel dit of ons direk daarteen gaan vasry.

By Suzette-hulle se huis herken ek dadelik Braam en Hannie se rooi Polo. Hulle kuier dikwels Woensdae hier om Suzette en Peter se heerlike kos, lekker geselskap en wonderlike gasvryheid te geniet. Eers met die klim van die trappies begin ek onraad vermoed. `n Verjaardagliedjie kry noot, daar is mense op die stoep, baie mense, en toe skielik sien ek die see van bekende gesigte: feitlik die hele Kruiskerk-gemeente met breë glimlagte en ope arms verwelkom my. Die spontane drukkies, die klapsoene en die baie liefde oorweldig my. Die verrassingsparty laat my voel asof ek in `n rolprent is en my bewussyn begin van rat verander.

Terwyl ek nog verdwaas deur die een persoon na die ander gelukgewens word, raak ek van iets anders bewus: fyn druppeltjies op my vel. Dit reën nie, dis mistigheid. Ons is ín die miswolk wat stadig en saggies oor die berg rol… Ek neem die pragtige, rooi aktetas – wat `n fantastiese mooi geskenk! – uit die fyn dou stuif.

Prof Kay doen `n tafelgebed en bedank die Here vir die heilige sameswering tussen my kinders en ons klein gemeente. Die bruisende geselskap en die heerlike kos en wyn word seëninge van Bo.

Op pad terug huis toe dwaal my gedagtes jare terug.

Die agtiende Maart 1984 is ek in Mosselbaai-Suid, my eerste gemeente, bevestig. Baie indrukke van daardie kort naweek het mettertyd vervaag, maar een ding bly ingebrand in my geheue: die diep, donker geluid van Mosselbaai se mishoring daardie nagte. My bevestiging as predikant het plaasgevind, terwyl `n lae misbank oor die dorp gehang het. Eers later sou ek my eie simboliese betekenis daaraan gee.

Die Sondag vóór Lydenstyd het begin bekend raak as die Sondag van Verheerliking en tekste uit enige van die drie Evangelies wat daarvan vertel, word gelees. Twee weke gelede het ons uit die Lukas-weergawe gelees en gesels oor die sogenaamde ‘bergspits-ervarings’, iets wat soos in `n wolk gevorm word; `n skaars mistieke belewing van God se vermoedelike nabyheid wat `n mens soms aanvoel, `n soort bevestiging.

Dis hoe my verjaardag vir my was. My eie ‘haggadah’, `n oorvertel van `n ander se verhaal in jou eie lewe. Met die verrassing-verjaardagparty in die miswolk wat oor Tafelberg spoel, het die Here my in Kruiskerk bevestig.

Dis nie meer `n aanstelling nie, dis `n bevestiging van ons as lidmate in `n hegte verbintenis met mekaar in liefde, deernis en respek as medereisigers oppad na `n bestemming wat nie omskryf kan word nie.

Ek is diep en innig dankbaar teenoor elkeen wat vir my `n dag gegee het soos geen ander nie.

The post Miswolk oor Tafelberg appeared first on Kruiskerk.