Ontmoet ons leraar en ondersteuningspanne


Wynand Nel – herder en leraar

Geestelike ondersteuning – Wynand verwelkom individuele gesprekke en besoek lidmate in persoon as hulle in die Wes-Kaap woonagtig is, so nie telefonies, of via ander kommunikasiekanale soos Teams/Zoom.

Wynand

Tydens Paasfees en Kersfees, word die dienste saam met Pinelands NG Kerk gehou in hulle kerkgebou en word ook uitgesaai vir diegene wat nie in die Kaap kan wees nie. Afgesien van hierdie twee geleenthede hou ons ook kwartaalliks in persoon dienste in hierdie gebou na afloop van die Pinelands gemeente diens. Ons poog om ten minste vier keer per jaar kleiner groepe mense fisies bymekaar te bring vir wie ook al kan bywoon.

Prediking – Wynand het ‘n informele benadering binne ‘n losse struktuur van gebed, skriflesing, prediking en gesprekvoering. Ons besin saam en glo dat die Bybel ‘n heilige boek is wat in ‘n sekere sin telkens herskryf word deur elkeen wat iets daarvan probeer verstaan en uitleef.

Wynand verryk sy prediking deur elke week die tema van die diens met vooraf gedagtes wat verband hou met die tema, te deel. Hierdie gedagtes word die Broodjies vir die pad genoem en sluit artikels, aanhalings en gedigte van bekende skrywers in. Dit word weekliks gesirkuleer na belangstellende lidmate.


Die verskeie ondersteuningspanne

Francois Botha is ‘n bekende en begaafde pianis wat weekliks sorgvuldige musiekkeuses maak en self optree tydens die byeenkoms om die tema van die week aan te vul. Dit is ‘n groot voorreg om hom, en dikwels sy vrou Yohan Chun, se talente te kan deel binne ons intieme Kruiskerk gemeenskap.

Kobus Boshoff, PC en Mieke van Rensburg, Emma Kotze en Hanri Pieterse  hanteer die finansies, welwillendheidsprojekte en algemene beplanning saam met die kommunikasie.

Christo Steyn, Emma Kotze, Anet Knoetze en Hugh du Toit is verantwoordelik vir die tegnologie op ‘n Sondag; stuur die skakel uit vir die diens en navigeer die visuele materiaal, musiek en gesels na die prediking.

Erna du Toit hou ons op hoogte van elkeen se lief en leed op ‘n weeklikse basis wanneer sy die Christus-kers aansteek tydens die byeenkoms.