Om skoonheid na te streef…

Wat ons nie
in onsself koester nie,
kan nie in die wêreld om ons bestaan nie,
want ons is sy klein gemeenskap.

Ons kan nie kla oor die wêreld
se verlies aan gehalte
as ons nie die skoonheid om ons
raaksien nie.

Ons kan nie die verlies
van die spirituele betreur
en volhou om die banale
uit te leef nie.

Ons kan nie hoop om die volheid van die lewe te smaak,
sonder om volheid van gees te kweek nie.
Ons moet die skoonheid soek, ons moet dit nastreef,
ons moet onsself omring daarmee.

Om nadenkend te kan leef
moet ons die onnodige rommel uit ons lewens weer.
Ons moet die skoonheid soek,
ons moet dit bewustelik, onverbiddelik en volhardend
soek en aan ander gee
totdat die klein wêreld
waarvoor ons verantwoordelik is
die grootse Skoonheid van God weerspieël.

Joan Chittister (Uit: Illuminated Life)

Afrikaanse verwerking: Marie de Kock