Belydenis

Ek kan net sê dat ek glo wat ek glo.

Ek glo nie ek kan gered word deur buitelandse politieke beleide nie.
Ek kan nie gered word deur die geslagsrevolusie
of die bruto nasionale produksie
of algehele kernontwapening nie.
Ek kan ook nie gered word deur raadshere, priesters, senatore,
artistieke ontleders of chemiese ingenieurs nie.
Nog die Vatikaan,
nog die Wêreld-vereniging vir Belydende Boeddhiste,
nog die Heilige Ridderorde of Johanne van Arc,
nog engele of aartsengele,
nog heerskappye of magtige moondhede kan my red.

Al wat ek het
en aan wie ek glo,
is Jesus, die Man van Nasaret.

Daniel Berrigan

Afrikaanse verwerking: Marie de Kock