Die Heilige Gees

Ek glo aan die Heilige Gees,
die geheiligde asem van God
oor die aarde.
Dit bring die visie van Christus
na ons, soms so troueloos in ons twyfel.
Dit gee rigting aan
`n dikwels uitsiglose toekoms.
Dit skenk krag en nuwe lewe
aan dié wat moeg is, die verlatenes,
die soekendes en die ontheemdes …

Die Heilige Gees spreek tot
elke menslike hart
deur die ou verhale van die profete
en gee nuwe sin aan die Woord,
deur die tye heen.

Amen

Joan Chittister

Afrikaanse verwerking: Marie de Kock