Die misterie van inkarnasie

Wanneer ons `n oomblik kyk na die ergste onreg
wat een mens aan `n ander kan doen, en sidder
by die gedagte dat dié smet ook in óns is, kraak angs
die siel se fyn skulp en kom lê in die hart,
nie soos `n mooi blom, `n blinklyf dolfyn
of enige vorm van onskuld nie,
maar `n paniese angs oor hierdie wese
wat so verwaand-seker is hy,
en geen ander nie, is goddelik.

Uit erbarming oor ons menslike onvermoë
om heilig te leef,
het God, as vader en vriend,
Sy Woord aan ons toevertrou.

Denise Levertov (1923 – 1997)

Afrikaanse verwerking: Marie de Kock