Gebed van Rex A.E. Hunt

Ons dank God, die bron van alle Lewe en Syn vir al die dinge om ons en in ons;
vir gesondheid, voedsel, drank, warm klere, vir familie, vriende, goeie bure
en vyande wat vir ons bid.

Dankie vir weetgierigheid, vreugde, die moontlikheid om te leer,
vir waarheid, moed en skoonheid,
vir hospitale, biblioteke en teaters,
vir ons wye velde en riviere.
Ons gee sigbare uitdrukking aan die Bron, groot Geheimenis.

Verryk deur dié rukkie wat ons saam was,
mag ons deel word van `n liefdevolle wêreld wat meer omgee,
mag ons die moed hê om eerlik op te tree
in al ons verhoudings.

Waar ons ons verwonder aan die heerlikheid
van die lewe, gee dat ons dit vier,
want ons is skeppers van `n beter wêreld.
En as ons dit verlaat, gee dat ons `n spoor
van moed en hoop en liefde laat bly.
Dit is ons bede.

Amen

Rex A.E. Hunt

Afrikaanse verwerking: Marie de Kock