Lei ons op ons lewensweg

Genadige God
U is met ons op ons reis
deur die lewe
wat U ons gegee het.

Lei ons op ons lewensweg
van waar ons is tot waar U ons wil bring …
sodat ons `n samelewing word
waar elkeen welkom voel
waar elkeen waardeer
en bemoedig
en vergewe
word.

Lei ons op ons lewensweg
van waar ons is tot waar U ons wil bring …
Open ons oë vir ander mense,
ander kulture, ander kontreie, ander kontinente,
die kleur in ons soms kleurlose bestaan.

Lei ons op ons lewensweg
van waar ons is tot waar U ons wil bring …
Maak ons lankmoedig
en vriendelik
en saggeaard.

Gee ons deernis en erbarming
en `n lewenslange verbintenis tot liefde …

Amen

Ruth Harvey

Afrikaanse verwerking: Marie de Kock