Kort gebed

Dis so maklik om verstrik te raak
in die nette van vertoon en wil-hê …
Gee Here, dat ek vry sal wees
van begeerte en selfsug;
dat ek sal onthou die mooiste in die
lewe kos niks nie:
die liefde, `n glimlag, deel met
en omgee vir ander …

Amen

Afrikaanse verwerking: Marie de Kock