Onse Vader

Onse Vader

Aan U behoort
die aarde
die hemel
en alles wat daar is

Ons staan in stil verwondering
voor die grootsheid van U skepping
U almag

Gee dat U grootmoedigheid
U regverdigheid
en U liefde
uit ons menswees straal

Gee ons vandag
die hoop en die krag
wat ons nodig het

Vergeef ons
waar ons verkeerd opgetree het
soos ons probeer
om te vergewe
dié wat ons seergemaak het

Bewaar ons van eie-trots,
van hebsug, van oordeel uitspreek
en van moed-opgee

Laat
wat U vir ons lewens beplan
gebeur

Ons vra dit
omdat ons weet
U genade
is oneindigend

Amen

Marie de Kock