Gebed van Martin Luther

Here, hoe die dinge waarvoor ek vra,
deur U voorsien sal word, dit weet ek nie.
Maar dat U sál voorsien, dit glo ek,
want U het dit belowe
U het my geleer om te bid;
dan sal U mos sekerlik ook na my gebed luister?
Here, dit is nie die verdienstelikheid van my gebed
wat my oortuig dat U sal hoor en antwoord nie,
maar die sekerheid van u trou.

Amen

Martin Luther