Seën ons land

Seën ons pragtige land, o Here God,
met sy wonderlike verskeidenheid van mense
uit verskillende rasse, tale en kulture.
Maak ons u reënboognasie
van vreugde en hoop,
van geregtigheid en versoening,
van vrede en eenheid,
van medelye, deernis en vergifnis.
Ons bid hierdie gebed vir ware eenheid
in die kragtige Naam van Jesus, ons Here.

Gebed van emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu by die inhuldiging van oud-president Nelson Mandela in 1994

Naude, P., 2008. Die groot gebedeboek. Lux Verbi.

Oor die woord ‘God’

Martin Buber (1878-1965), Oostenryks-gebore Joodse filosoof, oor die woord ‘God’:

“’Yes,’ I said, “[the word ‘God’] is the most heavy-laden of all human words. None has become so soiled, so mutilated. Just for this reason I may not abandon it. The generations have laid the burden of their anxious lives upon this word and weighed it to the ground; it lies in the dust and bears their whole burden. Human beings with their religious factions have torn the word to pieces; they have killed for it and died for it, and it bears their finger marks and their blood. Where might I find a word like it to describe the highest! Continue reading Oor die woord ‘God’

Gebed vir dié in die wêreld

Sheila Cussons

Dat ons leef omdat U leef is die eerste
van alles wat wonderlik is.
’n Wisselvloei is daar tussen U en ons.
U vloei in ons in en ons in U, en in U word
ons arme vog gesuiwer en vernuwe,
en ons self keer uit U terug in ons in
deur die membraan wat tyd en wêreld is.
Membraan of illusie, so dun is dit, so nie,
so nêrens vir u begenadigdes —
dankie dat ons wat onsself versteek vir ons naastes
gans oop is vir U en U oop.
Dankie vir die gladder as asemhaling heen en weer
tussen U en ons; dat tyd en ewigheid
mekaar deurdring, nie twee is nie maar een.
Dankie God, vir dié wonder, waarin die harde seer
wat wêreld is, sagter as asem oplos en verdwyn.

Cussons, S., 1984. Membraan. Kaapstad: Tafelberg.

Seëngebed

Gaan in vrede.

Wees vol moed, behou die goeie
en vergeld nie kwaad met kwaad nie.

Ondersteun die wankelmoedige, skraag die swakkere
en vertroos die bedroefde. Wees lankmoedig met almal
en bestry verdrukking.

Eer en dien die Here
en verbly julle in die krag van die Heilige Gees.
Die seën van God die Almagtige, die Vader, die Seun
en die Heilige Gees, is en bly met julle.

Afrikaanse verwerking: Marie de Kock

Evolusie, Wetenskap en Geloof deur Jaap Durand

J.C. (Kay) de Villiers

Evolusie, Wetenskap en Geloof deur Jaap Durand
‘n Biografiese inleiding tot die denke van Teilhard de Chardin

DurandJDit is selde dat ‘n mens tot ‘n boek aangetrokke voel vanweë die belofte wat die titel inhou en, wanneer dit klaar gelees is, neersit met so ‘n effense gevoel van jammerte vanweë ‘n stimulerende belewenis wat skielik beëindig word. Daarmee saam is daar ook die besef dat jy uit hierdie werk meer geput het as wat jy kon verwag het. Dit was my reaksie by die lees van hierdie heel besondere werk. Ek het van Teilhard de Chardin geweet met sy besoeke aan hierdie land en besit etlike van sy werke. Hierdie bondige biografiese studie was vir my egter ‘n openbaring en so was ook die skrywer se insiggewende stelling van die standpunt van die redelike en begrypende gelowige. Continue reading Evolusie, Wetenskap en Geloof deur Jaap Durand