Die Heilige Gees

Ek glo aan die Heilige Gees,
die geheiligde asem van God
oor die aarde.
Dit bring die visie van Christus
na ons, soms so troueloos in ons twyfel. Lees verder »

‘n Alledaagse gebed

Geheilig is die skottels en die skoonmaakgoed,
die seep en die wasbak, die koppies en die borde,
warm wolsokkies en koue spierwit teëls,
die saligheid van stortwater en digte, droë handdoeke. Lees verder »

Vir Aswoensdag

Regeerder van die nag, Beskikker oor die dag …

Vandag is `n gawe van U, soos geen ander dag
wat U gegee of ons ontvang het nie;
dit straal van goedheid en nuutheid en moontlikhede. Lees verder »

Marked by Ashes

Ruler of the Night, Guarantor of the day . . .
This day — a gift from you.
This day — like none other you have ever given, or we have ever received. Lees verder »

Op Driekoningedag

Liewe Heer

Ons kom as mense wat nog in donkerte verkeer;
diepe duisternis omvou ons,
want ons is omring van onsekerhede,
vrese,
bruutheid,
geweld,
verlies,
vervreemdinge wat ons nie kan beheer nie. Lees verder »