Wynand Nel
(herinneringe aan 24 Februarie 2010)
Ná Hospitaaldraai kronkel die pad om Duiwelspiek en dan lê die stad met Tafelbaai-hawe vol in die gesig. `n Miswolk van Seinheuwel af het oor Groenpunt gesak. Die kinders merk dit eerste op – ek is ietwat in gedagte.
Hierdie verjaardag moet ‘liggies’ wees en liewer maar net doodstil kom en verbygaan. Dit sal die eerste keer wees dat ek nie `n oproep van my ma sal kry nie en dié wete maak `n broosheid in my wakker. Continue reading Miswolk oor Tafelberg